Home / Shop / Opsommings in Afrikaans / Graad 4 Voorbeelde

Graad 4 Voorbeelde

Hierdie is jou kans om presies te sien hoe lyk ons produkte, voordat jy dit koop.  Hierdie is ons manier om dit vir jou te gee om te “test-drive” voordat jy aankoop.

In plaas van om net ‘n stukkie van die produk vir jou te wys op ‘n foto wat jy nie kan gebruik nie, gee ons nou vir jou ‘n vol-kwaliteit dokument wat jy kan uittdruk, kyk hoe dit lyk, en jou kind kan daarmee werk en oefen.

 

Hierdie is jou kans om presies te sien hoe lyk ons produkte, voordat jy dit koop.  Hierdie is ons manier om dit vir jou te gee om te "test-drive" voordat jy aankoop.

In plaas van om net ‘n stukkie van die produk vir jou te wys op ‘n foto wat jy nie kan gebruik nie, gee ons nou vir jou ‘n vol-kwaliteit dokument wat jy kan uittdruk, kyk hoe dit lyk, en jou kind kan daarmee werk en oefen.

  • Ja, dit het ‘n watermerk op, maar op so wyse dat jy steeds alles kan sien en lees wat aangaan.
  • Nee, dit is nie volledig nie. Die volledige produk sluit die hele kwartaal se werk in met baie meer bladsye werkkaarte, maar jy kan hier sien hoe dit lyk en voel hoe dit werk.
  • Mag jy dit versprei?   Stuur dit aan vir al jou vriende om ook daarna te kyk en uit te toets.

As jy tydjie het, stuur vir ons terugvoer.  Al besluit jy om dit nie te koop nie, sal ons baie graag wil weet hoekom nie, want ons wil konstant ons produkte verbeter.  Bygesê, 91% van ons kliënte gee vir ons ‘n 5-ster “rating” so ons is amper daar!

Ek hoop van harte dat jy en jou kind sal waarde vind in ons produkte.

Hierdie PDF dokumente is onmiddelik aflaaibaar nadat betaling deurgegaan het op Payfast of Ozow.  Met “Manual EFT payments” sal die produk 1-3 werksdae na die ontvangs van die betalingsbewys of wanneer die inbetaling in ons bankrekening reflekteer (bestellings oor R350) vrygestel word.

Om u dokumente te verkry kyk asseblief uit vir die epos met die “download links”  (maak ook seker om te kyk in die “junk mail” folder).  Andersins, teken net in op u rekening op www.summariessa.co.za, en gaan na “downloads”.

Respekteer asseblief ons kopieregProdukte is bedoel vir individuele gebruik en mag nie gekopieër, versprei of verkoop word sonder ons toestemming nie.

Alle pryse wat gewys word op www.summariessa.co.za sluit BTW uitBTW sal dus by u bestelling gevoeg word aan die einde van u transaksie.

Ons produkte is digitaal en dus sal GEEN terugbetalings gemaak word na aankope nie.  (Dit word ook so uitgelê in die bepalings en voorwaardes op ons webtuiste).  Die onus rus op die kliënt om seker te maak hulle koop die korrekte produkte aan.

Indien die produk in ‘n pakket aangekoop is en een van die handboeke moet vervang word met ‘n ander een wat ons in voorraad het, sal ons met graagte die produk vervang sonder enige verdere koste.  As ons nie die spesifieke handboek in voorraad het nie mag die kliënt ons versoek om die handboek op te som.  Ons kan egter nie waarborg dat dit betyds voltooi sal word nie.

Indien ‘n kliënt dieselfde produk twee keer aangekoop het, sal ons die produk vervang met ‘n ander kwartaal / produk vir dieselfde waarde, of ‘n koepon sal uitgereik word vir die korrekte waarde wat dan in toekomstige bestellings gebruik kan word.

Indien u onseker is of die produk vir u gaan werk, gaan laai asseblief ons uitgebreide voorbeeldpakket GRATIS af (sien die “menuregs aan die bokant van ons webtuiste – “FREE sample packs”).

Wil jy graag kommissie verdien op jou verwysings?  Dit is baie maklik aangesien jy net hoef in te teken op jou rekening, gaan na “Affiliate” en gebruik die “affiliate link” om aan jou vriende te stuur.  Maak seker om ons te kontak met jou bankbesonderhede as daar verkope wys.

Vir enige verdere navrae kontak ons gerus op info@summariessa.co.za of 066 088 1468.

70 reviews for Graad 4 Voorbeelde

Powered byCusRev
4.9
Based on 70 reviews
5 star
87
87%
4 star
12
12%
3 star
0%
2 star
0%
1 star
0%
Showing 9 of 70 reviews (4 star). See all 70 reviews
  1. Theresa Engelbrecht

  2. Roxanne Thomas

  3. Charles Standers

  4. Anonymous

    Goeie voorbeelde

  5. Linda

  6. Christelle

  7. Lynnie Yzelle

  8. Monique

    Heerlik om alles deur te gaan met my seun, dankie!!!! Enige iets pasella is wonderlik!!!!

  9. Salomé van Rensburg

Add a review